IMG_7788.JPG
IMG_7432r1.jpg
IMG_6505.jpg
IMG_6501.jpg
previous arrow
next arrow

GESKIEDENIS VAN HUIS McFARLANE (HMF)

Huis McFarlane is op 1 Januarie 1972 in gebruik geneem.  Die eerste inwoners het in ‘n seremoniële optog vanaf die ou koshuis langs die Toringkerk (die huidige Huis Kalahari Visser)  na die nuwe koshuis verhuis.  Die koshuis is na ‘n voormalige skoolhoof, dr LS McFarlane vernoem.

Superintendente:

1972 – 1978                        

1979 – 1981        

1982 – 1985 

1986                     

1987 – 1994        

1995 – 1997    

1998 – 2005     

Mnr Gideon Joubert

Mnr Frikkie van Zyl

Mnr Hennie van Tonder

Mnr Piet Vosloo

Mnr Frikkie van Zyl

Mnr Hennie van Tonder

Mnr André Oberholzer

In 2006 het 'n nuwe era aangebreek in die geskiedenis van Paarl Gimnasium Koshuise met die aanstelling van 'n Koshuishoof en 3 Superintendente, nl vir HMF-seuns, HMF-dogters en HKV onderskeidelik.  In 2010 is ‘n vierde Superintendent aangestel toe HKV se seuns en dogters onderskeidelik elk ‘n superintendent gekry het.

Koshuishoof:

 2006 – tans                          Mnr André Oberholzer

Seunssuperintendente: 

2006 – 2008       

2008 – 2010        

2011 – 2015

2016 – tans

 

Mnr Louis Blom

Mnr Francois Veldsman         

Mnr Deon Gerber

Mnr Schalk de Wet

Dogterssuperintendente:

2006 – 2008

2008 – 2015

2016 – tans

 

Mev Gretha Vorster

Mev Vida Craül

Mev Carina Momsen

Huis McFarlane se dertigste verjaardag is in 2002 luisterryk met ‘n dinee vir alle koshuisleerders en koshuispersoneel gevier. Die eregaste by hierdie geleentheid was mnr Rust de Jongh en mev Mintie Kroukamp – Huis McFarlane se eerste hoofseun en -dogter.

Huis McFarlane se gebruike en tradisies steun swaar op die skool se geskiedenis. Die koshuiswapen en hoofseun en -dogter se lapelwapen is dan ook die familiewapen van die McFarlane-klan. Huis McFarlane het sy eie vlag – ontwerp en gemaak deur Lucia Cabbalero.

 

GESKIEDENIS VAN HUIS KALAHARI VISSER (HKV)

Die hoofgebou van Huis Kalahari Visser (op daardie stadium bekend as Gimnasium Koshuis) se bouwerk het in 1933 begin. In sy jaarverslag skryf mnr J.F.M. Kriel (Skoolhoof), soos dit verskyn in die Jaarblad van 1933, die volgende : “Dis vir my baie aangenaam te mag rapporteer dat alles nou in die haak is om ‘n aanvang te maak met die aanbou van ‘n koshuis wat sestig seuns sal huisves en allesins tot ‘n sieraad vir ons skool en stad sal strek”.

In die 1934-jaarblad skryf mnr Kriel: “Die jaar 1934 sal altyd in die geskiedenis van ons skool bekend staan as van buitengewone betekenis. In Julie van hierdie jaar kan ons namelik intrek neem in die nuwe koshuis, sierlik en smaakvol voltooi en doeltreffend gemeubileer”. Die boukoste van die koshuis was sewe duisend Pond (R14 000.00). Die legendariese mnr J.G.L. (“Pappa”) Slabbert en sy gade was die eerste Huisouers.

In 1938 is die Anneks aangebou. Aan die einde van 1971 is die koshuis, waar talle seuns baie lief en leed ervaar het, ontruim en is Huis McFarlane se deure in 1972 geopen.

Vanaf 1972 tot 2004 was die koshuis onder beheer van Hoërskool Laborie en het bekend gestaan as Huis Robert Möhr. Met die aanbou van Laborie se nuwe koshuise het Huis Robert Möhr in onbruik geraak. Mnr André Oberholzer, destyds Superintendent van Huis McFarlane, het hierdie geleentheid raakgesien en na ‘n jaar se onderhandelinge met die W.K.O.D., is die gebou weer in 2004 toegestaan aan Hoërskool Paarl Gimnasium.

Daar is dadelik ingespring met herstelwerk en verbouings aan die binnekant, sodat beide meisies en seuns hul intrek in die “nuwe” koshuis kon neem. Sedert die amptelike heringebruikneming as Gimnasium se graad 8-koshuis in 2006, staan die koshuis nou bekend as Huis Kalahari Visser – vernoem na mnr Johan Visser, ‘n oudstudent en weldoener van Gimnasium. Die koshuis huisves tans 41 graad 8-dogters in die Anneks en 48 graad 8-seuns in die Hoofgebou.

Superintendente:

1934 – 1952        

1953 – 1957                

1958 – 1961     

1962                      

1963                    

1964 – 1965       

1966 – 1969       

1970 – 1971        

2005                  

2006 – 2008        

2009                     

Mnr Pappa Slabbert

Mnr J. Hougaard

Mnr C.H. Engelbrecht

Mnr G.J. Mostert

Mnr Van Wyk

Mnr H.J. Hugo

Mnr Bokkie Blaauw

Mnr Johan Botha

Mnr Kosie Slabber

Mnr Basjan Reinhardt

Mnr Paul Eksteen

Seunssuperintendente:

2010 – tans                

Mnr Paul Eksteen         

Dogterssuperintendente:

2010 – 2016               

2017 – tans

Mev Ina van Wyk

Mev Sonja Myburgh

Go to top